Hello Schalk, Izak, Sarisa, Manie en die hele span van BaySolar,
Schalk het ‘n hele oggend Yzerfontein toe gekom om vir ons te verduidelik hoe ‘n solar sisteem werk. Hy het ons munisipaliteits rekening geneem en uitgewerk presies wat ons benodig. Ten spyte van vele vrae het hy rustig als baie mooi verduidelik. Ons het geensins onder druk gevoel om sy sisteem te gebruik nie.
Ons het ook ander kwotasies gekry, maar Baysolar s’n was deeglik uiteengesit en sou voldoen aan al ons behoeftes. Na ‘n week se evaluering van al die kwotasies asook die oorsprong en kwaliteite van die produkte, het ons besluit dat Baysolar se sisteem die beste is vir ons.
Ons installasie was bespreek vir ‘n Vrydag en die volgende Maandag. Die Vrydag het Suid - Afrika die eerste keer op loadshedding fase 6 gegaan. Schalk en sy mense het alles moontlik gedoen sodat ons die hele naweek te minste krag het. Isak het selfs daardie aand ongeveer 19.30 kom kyk of alles reg is. Die sonpanele is die Maandag opgesit. Die hele span, asook die manne wat help met installasie van die sonpanele, was ten alle tye vriendelik, professioneel en beleefd en die werk is baie netjies afgehandel.
Inligting sessies het gevolg na installasie en vele vrae is beantwoord. Vier maande na die installasie, ervaar ons dat die kransduiwe nes kom maak onder die panele.
Ek het vir Schalk geskakel en gevra vir ‘n oplossing. Sy voorstel was dat die panele laat sak word sonder enige ekstra kostes vir ons. Ons wil julle graag bedank vir julle vriendelike en professionele diens. Ons sal julle beslis aanbeveel.
Groete
Zinette en Louwna